Friday, July 30, 2010

Is jy bereid om 'n verskil te maak in een kind se lewe in Augustus


Dan nooi ons jou vriendelik uit om ANNEMARIE LE GRANGE te kontak by Telefoon nrs. 012 565 4959 / SEL. 082 937 0422 of stuur gerus 'n epos na anna-marie3@absamail.co.za. Besoek ook gerus hulle webblad www.npos.co.za.

NOORDELIKE PRETORIA ONTWIKKELING SKEMA (NPOS) is geleĆ« in Eeufeesstraat 381, Pretoria Noord. Npos het tans ± 147 gesinne, elke gesin bestaan tans uit gemiddeld 7 per gesin (dit sluit in ouma, oupa, gestremdes, siekes ens. in) en probeer hulle om in die mensies se daaglikse noodsaaklike behoeftes te voorsien. NPOS bied aan Bybelstudie, Kerkdienste, Opleiding / Rekenaars, Vaardighede, Etes, Kospakkies, Klere, Opvoedkundige Leiding (SANRA) en Ondersteunings Groepe.

Dinsdae is daar GRATIS TEE, KOFFIE EN BROODJIES AAN DIE PASIĆ«NTE BEDIEN WAT VAN VROEG AF BY KLINIEK WAG OM DIE DOKTERS TE SIEN EN HUL MEDISYNE TE KRY.

Ander Projekte : Gekookte Etes, Naaldwerk, Breiwerk, Allerlei Handwerk, Haarkapper, Babakamer, Speelkamer. Die vrouens word opgelei om skool klere en ander items te maak.

Npos ontvang miskien 1 of 2 sakke klere per week. Ons nooi u uit om al u goedjies wat u nie meer nodig het vir ons winkel te skenk. Tweede Handse Klere, Handdoeke, Breekware, Potte, Panne, Alle goedere wat in 'n huis gebruik word.
Verleen 'n helpende hand aan 'n kleuter, 'n skoolkind of 'n jongmens in Augustus en help NPOS om geleenthede te skep vir opheffing, werkskepping en opleiding deur volhoubare projekte waar daar nood is. 'n Donasie van R30.00 of R50.00 kan vannaand vir een van hierdie gesinne 'n bord kos beteken of 'n warm ding om aan te trek.

No comments:

Post a Comment